Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Boplaas het weer toegeval" deur BOERNEEF
"Boplaas het weer toegeval" deur BOERNEEF [boodskap #45932] Vr, 06 Julie 2001 22:50
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

BOPLAAS HET WEER TOEGEVAL
Boerneef

Boplaas het weer toegeval
van wit kapok en dik kapok
soos in my vroeë kindertyd.
Die berge in die noordekant
lyk net soos in my kindertyd –
tog glansender en kouer wit
en spokiger en bleker wit
as in my vroeë kindertyd.
Hoe kon ek weet in daardie tyd,
by die vuurherd met sy tolbosgloed,
van die nat kapok se venynigheid.
Vorige onderwerp: Uit "Beeld van 'n Jeug: Duif en Perd" deur N.P. van WYK LOUW
Volgende onderwerp: "Die Kampsuster" deur JAN F.E. CELLIERS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 11:55:24 MGT 2024